Talle sal baie nogal onthuts wees as dit met hulle gebeur, maar dit lyk glad nie of dié inskrywing van Selena Gomez (23) se voormalige aan-af-kêrel Justin Bieber haar enigsins van stryk gebring het nie. Die Biebster het sy aanhangers se harte van voor af gebreek toe hy hierdie hartseer boodskap by die foto geskryf het: “Feels.”

A photo posted by Justin Bieber (@justinbieber) on

Aanhangers het reeds meer as 2,7 miljoen keer van die foto gehou. Die foto is in gelukkiger tye geneem toe die jong paartjie ’n soentjie gesteel het terwyl hulle saam op vakansie was.

Selena, wat amper deur histeriese boodskappe van aangehangers verswelg is, se reaksie is ewe weëmoedig in een woord opgesom: “Perfek.”

selena

Beteken dié terugflits dalk dat elke tiener se gunsteling-paartjie weer na mekaar hunker? Gaan Jelena weer versoen raak? Of is dit net Justin, wat (ahem!) veronderstel is om met Hailey Baldwin uit te gaan, wat haar weer in sy lewe wil hê?

Terloops, die Good For You-sangeres het net verlede maand aan W Magazine gesê sy het genoeg gehad van al die drama wat dit behels om die Biebs se “baby” te wees.

“Ek is so uitgeput,” het sy gesê. “Ek is eerlikwaar net so oor dit. Ek gee om oor sy gesondheid en hoe dit met hom gaan. Maar, ek kan dit nie meer doen nie.”

Bronne: Mirror.co.uk, Abcnews.go.com, W Magazine