Die Spring Breakers-ster was in hoëprofielverhoudings met Nick Jonas en Justin Bieber en het erken sy het nie daaroor gedink dat sy in die kollig is nie omdat sy so jonk was.

Sy het aan The Observer Magazine gesê: “Ek kan nie bang wees om my lewe te lei nie. Ek het my eerste ‘kêrel’ (Nick), wat nie regtig ’n kêrel was nie, op 14, 15 gehad.

“Jy is jonk en jy weet nie hoe om op te tree nie. Jy dink nie ek het nou ’n kêrel, kom ons hou dit superprivaat en stil nie, want dis nie waaraan jy dink nie.

“Jy dink, liewe hemel, ons hou hande vas! Jy dink net aan sulke goed.”

Die 20-jarige aktrise het gesê sy het baie geleer sedert haar eerste verhouding. Terwyl sy verduidelik het sy wil nie van liefde wegskram nie, weet sy sekere goed moet geheim gehou word.

Sy het bygevoeg: “Almal raak verlief en jy wil nooit iets wegsteek waaroor jy so bly is nie.

“Ek het baie geleer. Jy hou die goed wat superprivaat is vir jouself. Ek wil dit beslis nou doen, al is dit baie moeilik.”