Die Come & Get It-sangeres, wat begin vanjaar met Justin Bieber uitgemaak het ná twee onstuimige jare, hou daarvan om onafhankliker te wees terwyl sy op haar Stars Dance-toer is.

Die 21-jarige ster het Dinsdag aan Ryan Seacrest op sy radioprogram KIIS-FM gesê: “Dis eintlik vir my goed om alles op my eie tyd te doen. Dis vir my lekker om sonder my ouers te gaan en enkellopend te wees en myself te wees. Ek geniet dit baie.”

Die mooi brunet het ook erken sy is oudmodies wat verhoudings betref.

Die Spring Breakers-aktrise het gesê: “Ek dink dit werk anders vir vroulike kunstenaars, of ten minste vir my, want ek doen nie eintlik daardie goed nie . . . Moet my nie verkeerd verstaan nie, as ’n ou die moed het om my uit te vra, sal ek dalk. Maar ek is oudmodies. Ek hou daarvan wanneer die ou na my toe kom.”

Selena het voorheen onthul haar baie openbare uitmakery met Justin het haar baie gespanne laat voel en sy het dit selfs oorweeg om haar af te sonder om van die wêreldwye belangstelling in hul verbrokkelde verhouding te ontsnap.

Die sangeres, wat ook al met die sanger Nick Jonas uitgegaan het, het vertel sy het gesukkel om haar verhoudings privaat te hou omdat sy so jonk en naïef was.

Sy het gesê: “Ek het op 14 of 15 my eerste kêrel (Nick) gehad, wat nie eintlik ’n kêrel was nie. Jy is jonk en jy weet nie hoe om op te tree nie. Jy dink nie: Ek het nou ’n kêrel, kom ons hou dit superprivaat en stil nie.

“Jy dink net: Liewe hemel, ons hou hande vas! Jy dink net aan sulke goed.”