Die sangeres en aktrise, wat glo haar romanse met die Believe-sanger hervat het, het Justin (19) in ’n teksboodskap uitgetrap, waarna hy gewaagde naakfoto’s aan haar gestuur het.

Die boodskappe is glo vanaf ’n foon wat in Selena se stiefpa, Brian Teefey, se naam geregistreer is, na een van haar vriende gestuur en begin met Justin wat skryf: “Liefie, kom nou. Ek is lief vir jou.”

Sy aan-af-meisie reageer egter met ’n woedende: “Ek glo nie meer daardie *** nie. Ek was eerlik met jou en het jou ’n tweede kans gegee. Al my vriende was reg: Jy is ’n ****.”

Justin het geantwoord: “Dis net vir jou wat ek nou nodig het. Ek weet ek kan dit met jou regmaak.”

Selena skryf terug: “Jy is ’n dwelmverslaafde. Jy het hulp nodig.”

Volgens RadarOnline.com, wat die boodskappe in die hande gekry het, het Justin toe ’n foto van sy kroonjuweel gestuur en geskryf: “Kom nou. Moenie vir my sê jy mis dit nie.”

Selena het geantwoord: “Hou op. Jy moet luister na Scooter (Braun, sy bestuurder) en rehabilitasie kry. Jy is siek.”

Die sanger, wat deur die polisie ondersoek word ná ’n eiergooiery by sy bure se huis, het daarna nog ’n eksplisiete foto gestuur en geskryf: “Rehabilitasie? *** dit! Ek maak soveel geld vir daai ******.”

Toe Selena die foto kry, het sy vir Justin gesê dis “verby” tussen hulle en daarop gesinspeel dat hy sy pel, Lil Za, wat verlede week vir dwelmbesit aangekeer is nadat die polisie ’n klopjag op Justin se huis uitgevoer het, “laat betaal het” vir sy gedrag.

Sy skryf: “En hoe kon jy vir (Lil Za) laat betaal vir jou optrede. Jy moet ****** grootword. Ek hoop jy gaan tronk toe. Dis wat jy nou verdien.”

Nadat Selena (21) hom aangeraai het om “af te tree”, het hy blykbaar woedend geword en geskryf: “*** jou! Ek moet grootword? Ha, oukei! Geniet die lewe sonder my, ****! *** jou! *** Scooter! *** julle almal! Ek is klaar! Ek kan jou nie hoor bo die geraas van al my geld nie, skattie! Jy is net beroemd danksy my. Jy weet dit. Ek weet dit. Almal weet dit. Totsiens. Gaan **** iemand anders. Hou daardie talentlose **** weg van my af!”

Intussen word daar beweer dat Justin se herehuis besaai was van dwelms en dwelmtoebehore, waaronder twee groot flesse vol dagga, toe die polisie die klopjag gedoen het. Volgens die skinderblad TMZ het Justin ’n “spesiale rookkamer” in sy huis.

Maar die polisie het op geen items beslag gelê nie omdat hulle op soek was na videotoerusting en omdat dit moontlik die lasbrief sou oorskry as hulle die flesse en ander items sou deursoek.