Die twee het ’n aan-af-verhouding. Selena (21) het verklap hulle is nie tans saam nie, maar kuier steeds saam wanneer hulle kan.

Sy het gesê: “Ek ken hom al baie lank en ons geniet mekaar se geselskap af en toe. Maar ek is beslis enkellopend en ek geniet dit.”

Selena het haar vriendin Taylor Swift (23) om raad gevra oor hoe om haar persoonlike lewe privaat te hou. Taylor het al met onder andere Jake Gyllenhaal (32), Joe Jonas (23) en John Mayer (35) uitgegaan.

Sy het vertel: “Taylor is een van die sterkste mense wat ek nog ontmoet het; sy het al baie deurgemaak. Ek moet eerlik sê dat ek graag my persoonlike lewe soos sy wil hanteer en soos sy in die openbaar wil optree.”

Selena is op die oomblik meer besorg oor haar babasussie, Gracie, wat in Junie gebore is, as oor haar liefdeslewe.

Sy het gesê: “Dis gek. Daar is ’n ouderdomsverskil van 21 jaar, wat piekfyn is. Dis ook wonderlik, want ons gaan nie oor kêrels of oor klere baklei nie. Ek sal op ’n manier ’n koel tannie kan wees.”