’n Jong getroude ma van Bloemfontein wat met een van haar beste vriendinne se 14-jarige seun seks gehad het, is in die Bloemfonteinse streekhof tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, berig Volksblad.

Annette van der Walt, 22, het skuld beken op ’n aanklag dat sy met sy toestemming met ’n minderjarige seun seks gehad het. Sy het geweet dat hy minderjarig is.

Landdros Jan Greyvenstein het gesê ’n mens verwag van ’n ma van ’n vierjarige kind om van beter te weet. Daar is ’n bepaalde plek vir elke generasie en ’n mens moet jou plek ken.

Volksblad het vroeër berig Van der Walt se man was nie die betrokke naweek by die huis nie. Hulle en die seun se ouers het in verskillende woonstelle op die hoewe gewoon.

LEES MEER HIER