DIE ongeluk het haar al voor daardie Vrydag die 13de getref.

Die jaar wat sy met blink oë en romantiese drome binnegegaan het, het nou in ’n nagmerrie verander.

In Januarie is sy getroud, maar net vier weke later het haar man haar uitgeskop en haar hart gebreek. Maar min het sy toe geweet die ergste lê nog vir haar voor.

Want nou bevind Louise Herbst (26) van Heidelberg in Gauteng haar midde-in ’n seksskandaal.

Op die dorp word daar nie net na haar vinger gewys as die vrou wat ’n gesiene inwoner en oudburgemeester

verlei het nie, sy word boonop daarvan verdink dat sy kop in een mus is met die man wat hom glo daaroor afgepers het.

Noudat haar dilemma voorbladnuus is, bring sy haar dae in haar ma se huis agter toegetrekte gordyne deur. Kortkort sluk sy aan haar trane.

“Ek het so ’n aaklige jaar gehad en nou dit. Alles kom in ’n vloed. Ek weet nie wat om volgende te verwag nie,” sê sy gelate.

Haar lospassende bloes verbloem nie die kurwes wat Koos Jonck (72) se belangstelling geprikke het nie. Hy is ’n gesiene sakeman op die dorp en dien al dekades lank in die stadsraad.

In die 80’s was hy ’n ruk lank Heidelberg se burgemeester.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 14 Oktober 2010.