Renee A’Bear (92) het die meeue buite haar tehuis gevoer terwyl sy ’n koppie koffie geniet het. Toe sy haar valstande uithaal om ’n koekie te eet, het ’n honger voël op haar afgepyl en dit gevat.

Personeel by Eridge House in Bexhill-on-Sea in die Verenigde Koninkryk het die tande – wat honderde pond werd is – later op die dak gekry.

Die bestuurder, Linda Stevens, het aan die Daily Mirror gesê: “Ons almal, Renee inkluis, het gedink dis baie snaaks. Maar sy gaan in die toekoms versigtiger wees wanneer sy die voëls voer.”