Die polisie in Mpumalanga ondersoek die dood van ’n man nadat ’n aggressiewe seekoei hom vermoedelik op Valentynsdag op Hazyview aangeval en doodgemaak het.

Konst. Duduzile Malibe, woordvoerder van die Hazyview-polisie, sê twee mans het Sondagmiddag gaan visvang by Hippo Hollow, maar een is aangeval en doodgemaak.

“Luidens die verslag het een man voor gestap toe hy die seekoei opmerk. Hy het toe die oorledene, Lucas Mathebula (38), gewaarsku die seekoei kom baie vinnig nader en lyk briesend.

Lees ook: 28 sterf ná dodelike motorbom Turkse hoofstad ruk

“Die oorledene het nie veel omgegee nie en gesê hy wil die dier van naby sien, terwyl sy vriend weggekom het,” sê Duduzile.

Die seekoei het vermoedelik toe pas die lewe geskenk en het aggressief geword, want sy was beskermend.

Duduzile het verduidelik die mans het ’n verbode gebied binnegegaan.

Lees ook: Skoolkind en man sterf in botsing, talle ander beseer

“Daar is kennisgewings wat mense maan om nie deur die gebied te loop nie. Ons noop inwoners om nie onwettig in daardie gebied vis te vang nie. Daar is altyd seekoeie,” het sy gesê.

Die polisie het met ’n geregtelike doodsondersoek geopen.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Patrick Connolly as Finn Kelly

K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Wil jy die versoeking weerstaan? Plaas dan bederfies naby die minder dominante hand

Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?