Dis oor hy so ’n groot stresbol is, erken Snotkop, dat hy die luilekker lewe in die Kaap so geniet.

Buiten dié vakansieplekkie het hy ook nog sy gewilde gastehuis genaamd Karoo Pandok op Bethulie, maar Johannesburg is sy basis.

“My hondjie Lulu reis gewoonlik saam Kaap toe, maar my ander diere is op Bethulie: Magic, my ander hond, en my perde, De la Rey, Rushka en Saartjie. Dis hoekom Bethulie my hart en die Kaap my siel is.”

Haidee Muller het oor 'n bord vis en tjips tyd met die energieke rapper spandeer. Lees meer oor Snotkop en sy siel in Huisgenoot, 12 April 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.