Sean Penn en Madonna geniet glo hul hereniging. Die beroemde paartjie is in 1985 getroud en die huwelik het vier jaar gehou, maar die romanse is vertroebel deur Sean se hewige uitbarstings teenoor die pers.

Hulle het glo tydens Madonna se toer met Rebel Heart in dieselfde hotel oorgebly.

"Hulle het dit werklik geniet om weer bymekaar te wees,” het ’n ingeligte bron aan die Britse tydskrif Grazi vertel.

Ten spyte van die jare wat verby is sedert hul huwelik beëindig is, skyn hul hereniging nog net so helder. Madonna het altyd ’n sagte plekkie gehad vir Sean. Hy was haar eerste groot liefde; dit het nog altyd gelyk asof daar iets is wat nie afgehandel is nie. Noudat hulle albei alleenlopers is, steun hulle op ’n ander manier op mekaar.

"Albei is opgewonde oor wat dit mag inhou."

Madonna en Sean het albei, sedert hul langer as 25 jaar gelede uitmekaar is, nuwe huwelike en romanses geniet.

Sean is met die aktrise Robin Wright getroud, terwyl Madonna met die regisseur Guy Ritchie afgehaak het. Nadat hul huwelike verbrokkel het, het Madonna met ’n hele reeks katelknape uitgegaan, terwyl Sean ernstig geraak het met Charlize Theron.

Daar is selfs beweer dat die paartjie verloof was toe hulle in Junie uitmekaar is.

Dit lyk egter asof Sean en Madonna hul mislukte romanses agterlaat het en weer gaan probeer. Gerugte het in Oktober weer begin vlieg dat die wenner van twee Oscars Madonna op die Europese been van haar toer gaan volg.

Teenstrydige verslae beweer egter dat hy besig is om met Robin te herenig ná haar skeuring met haar verloofde, die akteur Ben Foster, in Augustus.

“Op die oomblik neem Sean en Robin dinge een dag op ’n slag,” het ’n ingeligte bron aan Radar gesê. “Albei ly aan gebroke harte en hulle steun op mekaar. Hy wend baie duidelik ’n poging aan om haar terug te wen."

© Cover Media