Sean Penn dink Charlize Theron is “iemand om te hou”.

Die 53-jarige akteur het onlangs tydens sy Help Haiti Home-gala in Beverly Hills die eerste keer in die openbaar verskyn saam met die aktrise, wat in Suid-Afrika gebore is.

Dit het gevolg op weke lange bespiegeling oor of hulle uitgaan. Sean het by die geleentheid gesê hy hoop hul romanse hou lank.

Piers Morgan skryf in sy rubriek in die tydskrif Event: “Sean het tweeuur die oggend na my gekom en my ’n drukkie gegee.

“Geluk met ’n wonderlike aand, het ek gesê. En geluk ook met Charlize.

“Hy het gelag en gesê: ‘Sy is iemand om te hou, dis verseker . . . wel, ek sal in elk geval my bes doen om haar te hou!’”

Charlize het die ster van Milk dié aand as ’n “wonderlike ou” beskryf.

Piers skryf: “Ek is so bly julle twee het bymekaar uitgekom; Sean is ’n  wonderlike ou, het ek gesê.

“‘Ek weet,’ het sy gesê, geglimlag en haar hand op sy skouer geplaas.”