Die fliekman Sean Else het gisteraand sy meisie van die afgelope net meer as 'n jaar, Carla Halgryn, in Venisië, Italië, gevra om met hom te trou.

Hy het so ewe op 'n bootjie op die stad se waterstrate op sy knie gesak om die groot vraag te vra. "Ek het amper die bootjie omgegooi, want my knie en lip het baie gebewe," het Sean uit die romantiese stad laat weet.

Carla is 'n opgeleide skoonheidsterapeut en het ook onlangs op Sean se eerste vollengte fliek, Platteland, as grimeerkunstenaar gewerk.

Hy het solank 'n troupand aan haar vinger gesteek. "Sy moet maar self besluit presies hoe die ring moet lyk, want ek dink dit is 'n baie persoonlike besluit vir 'n meisie," het Sean gese.

Volg Huisgenoot op Twitter.