William, ’n soek-en-reddingsvlieënier, wil die meeste van sy tyd deurbring by sy en Kate (31) se huis by die Kensington-paleis in Londen, maar sy werk is onvoorspelbaar. En al is hy ’n Britse troonopvolger, het die nederige William al voorheen gesê hy sal die lugmag nooit om spesiale behandeling vra nie. ’n Bron het aan die tydskrif now gesê: “Kate is bekommerd hy sal nie by die huis wees nie. Sy voel selfbewus, want dis vir hulle albei iets nuuts. Dis ’n opwindende, senutergende tyd, maar sy weet hy sal alles in sy vermoë doen om haar nie in die steek te laat nie.” William (31) sal verwagting ’n paar weke verlof kry wanneer hul kind gebore word. Die Britse minister van verdediging moet die verlof goedkeur, maar ’n amptenaar by die St. James-paleis het onlangs bevestig: “Hy sal waarskynlik ’n paar weke verlof kry.”