Scout 1

Dié oulike, negejarige Amerikaanse veghond het onlangs ’n internetster geword nadat foto’s op verskyn het van hom met ’n groot verskeidenheid items op sy kop gebalanseer. Sy eienaar, Jen Gillen, van Toronto het die foto’s op haar Instagram geplaas en skryf ook die blog Stuff on Scout’s Head.

“Dit het begin toe ’n vriend voorstel ek plaas ’n rol toiletpapier op sy kop,” vertel Jen aan TODAY.com. “Hy het dadelik daarmee poseer, en dit so goed gebalanseer dat ek ’n paar ander vreemde voorwerpe probeer het.

“Ek het nooit gedink dit sou so ver vorder nie,” voeg sy by. “Ek het toe sy Tumblr-blog begin omdat dit so snaaks is. Dis ook ’n goeie voorbeeld van hoe geduldig en gehoorsaam ’n veghond kan wees.”

Scout kan ook baie selfbeheersing aan die dag lê. Terwyl ander honde dadelik lekkernye soos spek, pizza en oliebolle sou verorber, sit hierdie hond geduldig met die heerlikhede op sy kop gebalanseer. Scout word na elke balanseertoertjie beloon met natuurlike happies soos varkore, senings en ’n lekker ietsie rous, vertel Gillen.

-Petro-Anne Vlok

KLIK HIER om na ons galery met nog foto's van Scout te kyk.

BRONNE: today.com, stuffonscoutshead, instagram.com/jengillencums