Die nuus is skaars aangekondig dat Arnold Schwarzenegger, voormalige goewerneur van Kalifornië, en sy vrou, Maria Shriver, gaan skei of die skandale begin rondvlieg.

Die Los Angeles Times het Dinsdag onthul Schwarzenegger het ‘n kind by een van die personeellede in hul huishouding verwek.

Die kind is glo reeds sowat 10 jaar oud.

Schwarzenegger het Maandag in ‘n verklaring erken dat hy lankal reeds vir Shriver van die kind vertel het.

Schwarzenegger se woordvoerder wou nie dadelik kommentaar lewer nie.

“Daar is geen verskoning vir wat ek gedoen het nie. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir die pyn wat ek veroorsaak het,” het die voormalige goewerneur bekend gemaak.

Schwarzenegger en Shriver het op 9 Mei in ‘n gesamentlike verklaring aangekondig dat hulle ná 25 jaar gaan skei.

Volg Huisgenoot op Twitter.