Die man, wie se identiteit nie bekend is nie, is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklagte dat hy Michael se mediese rekords gesteel en aan die media wou verkwansel. Hy het gewerk vir die Switserse helikopternooddiens wat Schumi in Junie van Frankryk na Switserland gebring het.

Michael het op 29 Desember 2013 ernstige kopwonde en beserings opgedoen ná ’n ski-ongeluk in ’n oord in Frankryk. Hy is vyf maande in ’n hospitaal in die Franse stad Grenoble behandel voor hy in Junie na Switserland oorgeplaas is.

Die man het die aantygings ontken. Hy is in ’n polisiesel in Zurich in Switserland aangehou. Volgens AFP het polisiebeamptes van dier gevangenis waarin hy aangehou is geen selfdoodneigings of tekens van geestesongesteldheid by hom opgemerk nie.

Volgens Motorsport.comhet die man die mediese rekords teen sowat R700 000 ($67 000) te koop aangebied.

Die dokumente is nooit gepubliseer nie.

Michael se bestuurder, Sabine Kehm, het in ’n verklaring gesê die familie is geskok deur die voorval. Volgens AFP is die vervolgingsgesag in Zurich vol vertroue dat die ontslape man die dokumente gesteel het en is daar oortuigende bewyse van sy skuld.

Bron: AFP; Motorsport.com; The Guardian