"Hy slaap, hy lyk normaal en hy het 'n paar reaksies met sy mond getoon," het Schumacher se vriend en voormalige spanmaat Felipe Massa aan die Duitse koerant Bild gesê.

"Ek was baie gelukkig om tyd met hom te kon spandeer," het Massa gesê. "Ek het baie met hom gepraat oor hoe dit met die span gaan en oor die nuwe motor."

"Ek het die beste moontlike energie probeer oordra," het hy gesê. "Hy is 'n baie sterk persoon en ek hoop werklik hy sal weer die lewe kan geniet."

Schumacher is sedert 29 Desember in 'n Franse hospitaal ná 'n ski-ongeluk waarin hy sy kop teen 'n rots gestamp het.

Sy familie het in Januarie aangekondig hy word stadig uit die koma gebring.