In ’n verklaring sê sy hy is nog besig om geleidelik wakker te word.

Hy het op 29 Desember by die Franse ski-oord Meribel geval en sy kop teen ’n rots gestamp.

Hy het steeds nie uit die geïnduseerde koma ontwaak waarin hy ná die ongeluk geplaas is nie. Die dokters wat Michael (45) by die Grenoble-universiteitshospitaal behandel, het einde Januarie sy medikasie geleidelik begin verminder om die ontwakingsproses te begin.

“Ons weet dit kan lank duur,” het Sabine in middel Februarie gesê.

Die Duitse renjaer het geval en sy kop teen ’n rots gestamp nadat hy na ’n ongebaande deel van die skibaan afgewyk het terwyl hy saam met sy seun en ’n groep vriende geski het. Hy is onmiddellik na die hospitaal in Grenoble gebring en het daar twee operasies ondergaan. Hy is daarna in ’n geïnduseerde koma geplaas.

’n Ondersoek deur ’n Franse aanklaer het bevind dat daar geen kriminele oortreding tydens die voorval plaasgevind het nie.

Daar word baie in die media gegis oor Michael se toestand, en Sabine se verklaring Vrydag was in antwoord op ’n berig in die Italiaanse koerant Gazzetta dello Sport, waarin geskryf is dat Michael self kan asemhaal.

“Enige mediese inligting wat sonder Michael se dokters of bestuurspan se bevestiging gepubliseer word, moenie geglo word nie,” het Sabine gesê.

-         Sapa