, het sy aan ’n Duiste tydskrif gesê.

In haar eerste openbare kommentaar sedert haar man se ski-ongeluk op 29 Desember verlede jaar, het Corinna Schumacher aan die Neue Post gesê haar man se gesondheid se verbetering is aanmoedigend.

“Dit raak beslis stadig beter, maar dit raak in elk geval beter,” het sy die weeklikse vrouetydskrif vertel terwyl sy ’n perdrykompetisie gekyk het.

Michael (45) het 170 dae in ’n hospitaal in die Franse stad Grenoble deurgebring nadat hy by ’n ski-oord geval en sy kop gestamp het. Hy was amper die hele tyd in ’n koma en het baie gewig verloor.

Nadat hy eindelik sy bewussyn herwin het, is hy op 16 Junie na ’n hospitaal in die Switserse stad Lausanne oorgeplaas wat spesialiseer in die behandeling van breinbeserings.

- Sapa