“Michael se toestand word nog as stabiel beskou,” het Sabine Kehm, sy woordvoerder, Vrydag gesê ná bespiegeling hy gaan dalk nooit herstel nie. Hy word in ’n medies geïnduseerde koma gehou vandat hy op ongebaande sneeu in die Franse Alpe geval het.

“Ongelukkig moet ek herhaal, enige inligting oor Michael se gesondheid wat nie van die dokters wat hom behandel of van sy bestuur af kom nie, moet beskou word as blote gissinge,” het sy gesê.

“Ek herhaal ook Michael se gesin is baie tevrede met die werk van die span dokters wat Michael behandel en vertrou hulle volkome.”

Die ondersoekers wat die ongeluk ondersoek, het foutiewe ski’s, onvoldoende kennisgewings en oormatige spoed uitgeskakel as redes vir die ongeluk waarin hy sy kop teen ’n rots gekap het.