, berig ?Sky News.

Die sewemalige Formule Een-kampioen is sedert 29 Desember 2013 in ’n hospitaal in Grenoble, Frankryk, met ernstige beserings wat hy in ’n ski-ongeluk opgedoen het.

Sy bestuurder, Sabine Kehm, het in ‘’n verklaring gesê die 45-jarige Schumacher word stadig uit sy geïnduseerde koma wakker gemaak en volgens bronne “reageer hy op eenvoudige instruksies”.

“Michael se verdowing word verminder om toe te laat dat hy kan begin wakker word, wat ’n lang tyd kan neem,” het Kehm gesê.