Die aanklaer, Patrick Quincy, het bevind dat daar geen kriminele oortreding tydens die voorval plaasgevind het nie.

Volgens hom het nie Schumacher of enigiemand anders ’n oortreding begaan nie.

Die 45-jarige renjaer het ernstige beserings op 29 Desember 2013 opgedoen toe hy geval en die regterkant van sy kop ’n klip getref het.

Die voorval het by die Franse ski-oord Meribel gebeur.

Schumacher word sedertdien in die Grenoble-universiteitshospitaal behandel. Hy is onlangs geleidelik uit ’n geïnduseerde koma ontwaak en daar was kommer toe hy ? longinfeksie opgedoen het, maar volgens sy dokters het hy herstel.