[caption id="attachment_160188" align="aligncenter" width="600"]Leon sê hy kon maar net lag oor die gerugte van sy dood. Foto: Rowyn Lombard Leon sê hy kon maar net lag oor die gerugte van sy dood. Foto: Rowyn Lombard[/caption]

“Vanoggend bel my seun (Ernest, 28) my,” vertel hy aan Huisgenoot. “Ek lê toe nog en slaap; toe bel hy later weer. Hy vra toe: ‘Pa, Pa is jy oukei?’ Shame, hy het gedink daar steek dalk waarheid in die ding, want al sy pelle het hom gebel.”

“Sad news guys . . . Motorongeluk eis lewe van ’n welbekende. Ek kan my Suid-Afrika nie indink sonder Leon Schuster nie. Hy was een van ons land se beste comedians. Ons gaan jou mis. RIP, Leon. Please share this,” het die boodskap gelui.

[caption id="attachment_160189" align="aligncenter" width="550"]Die WhatsApp-boodskap. Via Netwerk24. Die WhatsApp-boodskap. Via Netwerk24.[/caption]

“Alles gaan deesdae net oor fake news,” sê Leon. “Alles is fake, fake, fake. Die ander dag hoor ek van iemand wat praat van fake Jake toe hulle van (pres. Jacob) Zuma praat. En toe is Charlize Theron nou die dag dood. Dit lok ongelooflike reaksie uit. (Die skeppers van vals nuus) kry honderdduisende klikke en dit is alles net sensasie.”

Leon sê hy het Sondag die eerste keer van die WhatsApp-boodskap gehoor toe ’n vriend hom bel om te vra of hy oukei is. Hy het geen idee waar dit oorspronklik vandaan kom nie.

“Ek dink dit is iemand wat nie vreeslik baie van my hou nie. Hy het seker gedink kom ons prank ou Schucks.

“’n Mens skrik jou gat af. Dit is nie baie lekker om te hoor jy is dood wanneer jy nog springlewendig is nie. Maar ek is nog hier. Ek leef nog en staan op aandag.”