Michele het vanoggend ’n oulike foto van hul kleinding op Instagram gedeel met ’n spesiale verjaardagboodskap: “Happy 2nd birthday to this incredible boy! So proud to be your mommy.”

Sy het ook ’n foto gedeel van die pa en seun terwyl hulle die strate van Japan verken. En is klein Schalk nie uitgeknip sy pa nie?

Schalk en Michele se jongste seun, Nicol, is vier maande oud. Die gesin het vroeër vandeesmaand van die Kaap af Japan toe verhuis waar die Stormers- en Springbok-flank twee jaar lank vir die Japannese klub Suntory Sungoliath gaan uitdraf.

Dit lyk asof die paartjie en hul twee seuns sommer goed by hul nuwe lewe in die Verre-Ooste aanpas. Michele deel gereeld foto’s van hul doen en late daar.

Hulle het al onder meer vir ’n onderhoud by ’n skool gegaan, het langs ’n rivier gebraai, sy en Schalk het al ’n selfie in Tokio geneem en die gesin het gekuier saam met die rugbyspeler Dewald Potgieter – wat ook daar rugby speel – en sy meisie, Freda Louw.

Klink mos asof hulle dit terdeë geniet. Kyk die foto’s hier.

[post-slider]