Die gesin bly al ’n maand lank in dié land. Schalk gaan die volgende twee jaar daar vir die rugbyklub Suntory Sungoliath uitdraf.

Michele het gister op Instagram ’n foto van hul tweejarige seuntjie, Schalk jr., gedeel nadat sy hom ná sy eerste skooldag by die skool gaan optel het. “Hy moes daarvan gehou het, of hy is verlig om mamma weer te sien,” het sy geskryf by ’n foto van die tweejarige seuntjie wat glimlag vir die kamera. Klein Schalk is sy pa se ewebeeld. Sy kleinboet, Nicol, is nou vyf maande oud.

Michele het vroeër vandag ook ’n foto van klein Schalk se skoolverslag van sy Japannese juffrou gedeel; dit lyk mos of die kleinding sommer goed aanpas doer in Japan! Kyk die foto’s hier:

- Lara Atson