Die Stormers-speler Schalk Burger het weer pa geword. Schalk en sy vrou, Michele, se tweede seuntjie, Nicol, is vandag gebore. Michele het dié oulike foto van haar, Schalk en hul kleinding op Instagram en Twitter gedeel en gesê:  ‘‘Ons is die trotse ouers van die perfekte seuntjie - welkom in die wêreld Nicol’’.

Schalk is tans op die kantlyn weens ’n geskeurde bobeenspier. Ons wed klein Nicol se ouboet, Schalk jr. (2), kon nie wag om sy kleinboet te ontmoet nie.

Die paartjie woon in Nuweland. Michele, ’n binnenshuise ontwerper, het vroeër vir ons vertel hulle wil graag nog hul gesin uitbrei. ‘‘Ons wil baie graag ‘n dogtertjie hê. Almal sê ons moet maar eers wag en kyk tot ons twee het en dan besluit. So ons kyk maar eers hoe dit gaan met twee kinders.’’

Veels geluk, julle twee!