Scarlett Johansson oorweeg ’n skuif na die politiek.

Die 28-jarige aktrise, wat Barack Obama luidkeels tydens sy herverkiesing tot Amerikaanse president ondersteun het, wil nie ’n breër rol uitsluit nie.

Sy sê in die Oktober-uitgawe van Hawkins Bazaar: “Sien ek myself in ’n heeltydse politieke loopbaan? Dit klink ’n bietjie vergesog, maar wie weet?

“Ek sluit nie die moontlikheid uit nie. Wanneer ek meer tyd het, sal ek dalk ’n groter stem aan die politiek kan verleen. Ek maak nooit die deur toe op iets so groots nie.”

So ’n loopbaanskuif sal nie as ’n verrassing kom van die Avengers-ster, wie se familie haar geleer het hoe belangrik dit is om polities aktief te wees nie.

Sy verduidelik: “Ek kom uit ’n familie wat polities aktief is. Om ’n aktiewe lid van die gemeenskap te wees, om ’n verantwoordelike burger te wees en polities betrokke te wees, was nog altyd deel van my bewussyn en my lewe.

“Ek glo boweal as almal die reg om te stem uitoefen, die hele nasie die regte keuse sal doen.”