Esquire kies Scarlett Johansson as die sexyste vrou.

Die Avengers-aktrise is die eerste vrou wat twee keer met die titel bekroon word. Die eerste keer was in 2006.

Sy pryk op die voorblad van die tydskrif se November-uitgawe, waarin die nuus bekendgemaak is, in net ’n broekie en kort toppie.

Scarlett het verlede maand verloof geraak aan die Franse reklamebaas Romain Duariac. In die tydskrif vertel sy jaloesie is deel van ’n romanse met ’n Fransman. Tog geniet sy dit om ’n geliefde te hê wat ’n bietjie jaloers is.

Die 28-jarige skoonheid sê skertsend sy weet goeie rolprentrolle sal skaarser raak namate sy ouer word. “Binnekort sal die rolle wat ek aangebied word, dié van ’n ma wees. Daarna sal hulle net opdroog.”

Ander vroue wat al aangewys is as die sexyste, is die aktrise Minka Kelly, Rihanna, wat die titel in 2011 gewen het, en Mila Kunis, verlede jaar se wenner.