Maak ’n lekker peuselhappie vir die naweek!

large_quick_meals_7

Genoeg vir 4

Bereiding: 15 min

Baktyd: 15-20 min

Benodighede:

500 ml (2 k) blokkies gaar hoender

60 ml (¼ k) Griekse jogurt

30 ml (2 T) mayonnaise

5 ml (1 t) fyn komyn

Paar druppels Tabascosous

2 tortillas, gehalveer

Halwe fles Mexican salsa met groot stukke

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

Gekapte vars koljander en

Griekse jogurt om mee te bedien.

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Besmeer ’n langwerpige, oondvaste bak met olie. Meng die hoender, jogurt, mayo, komyn en Tabascosous na smaak. Skep ’n kwart van die mengsel op ’n tortilla-helfte en rol dit toe. Herhaal met die oorblywende hoendermengesel en tortilla-helftes. Skep die Mexikaanse salsa in die oondvaste bak. Pak die tortilla-rolletjies bo-op met die gevoude kant na onder. Strooi kaas bo-oor en bak tot goed deur tot die kaas gesmelt is. Bedien met gekapte koljander en Griekse jogurt.

Vir hierdie en ander resepte – besoek Checkers.