Hy is steeds in die sewende hemel. Waar Sarel Pretorius in sy ruim huis in Bloemfontein sit, is hy 'n stap nader daaraan om die droom van 'n leeftyd waar te maak: om vir die Springbokke te speel, en dit in die Wêreldbekertoernooi.

“As ek kans kry om te speel, as ons wen, as ons die Springbokke se erfenis uitbou . . . Ek kan my niks beters indink nie,” sê die rugbyspeler wat al sedert sy kinderdae daarvan droom om die Groen-en-Goud te dra.

Toe hy genooi is as een van die 51 Suid-Afrikaanse spelers wat hulle vir die Wêreldbeker voorberei, was sy eerste reaksie loutere ongeloof. “Ek gaan in dieselfde span wees as die ouens wat ek bewonder, ouens wat hulself op die hoogste vlak bewys het,” vertel hy kopskuddend.

En noudat hy al sy eerste beplanningsessie van die Bokke agter die rug het, klink Sarel steeds meer soos ’n vurige aanhanger wat ’n dag saam met sy helde deurgebring het as ’n gesoute rugbyspeler.

Hy word immers vanjaar as die Cheetahs se aanvallendste, invloedrykste en doeltreffendse speler beskou.

Tog besef hy die mededinging is straf om een van die 22 uitverkore spelers te wees wat Suid-Afrika se Wêreldbekerspan van 2011 sal haal.

Lees meer in die Huisgenoot van 2 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.