Huisgenoot het Dinsdagmiddag omstreeks 13:00 ‘n regstreekse onderhoud met die sangeres Sarah Theron op Twitter gevoer.  Hier volg die gesprek.

 Hallo @SARAH_THERON. Is jy gereed vir ons #twitterhoud?

@Huisgenoot ek wag al my lewe lank hiervoor - LIVE at LAST!!

@SARAH_THERON  Wanneer sien ons jou weer op die kassie in ‘n TV-reeks? 

@Huisgenoot niks in die onmiddelike toekoms - wag daar is movie v kykNET wat in Okt geskiet word - verder script ek OPSKOP

@SARAH_THERON Enige planne vir ‘n nuwe CD? 

@Huisgenoot Only & fully soos ons id Kaap se! STORM in 'n D-cup word oor 1 maand vrygestel #twitterhoud

@SARAH_THERON  Wie is jou hero? 

@Huisgenoot ek is en bly 'n Bette Midler-freak. Ek's ook mal v Mel Brooks. Plaaslik is my ou gunstelingmens beslis @wicusvdm

@SARAH_THERON Is jy ‘n Blackberry of iPhone aanhanger? 

@Huisgenoot naaaawh, I LOVE my fruit ;)

@SARAH_THERON Waaroor sal jy nooit tweet nie? 

@Huisgenoot ek sal my diepste geheime uit die aard vd saak maar hou vd 1on1. Ek sal wegbly as ek my vrede verloor het ...

@SARAH_THERON Wat is jou “guilty pleasure”? 

@Huisgenoot hoe ek blatant erken dat ek HG van hoek tot kant lees?? Baie mense se mos hulle lees nie DIT nie. Ek DOEN.

@SARAH_THERON Het jy al ooit ‘n stalker gehad?

@Huisgenoot weliswaar JA! Hoe grillerig. Dit was ou dae v oorklanking. Die dude het akteurslys gehad - dus by SAUK gewerk het...

@SARAH_THERON Sal jou ooit oorsee gaan woon? 

@Huisgenoot Ek wil nie Ek sal nie Ek hoop nie ek hoef ooit die beautiful plek te verlaat met haar kwaito beats en haar soet kreefstertjies. Plek v melk en heuning, kreefsterte en vye NOOIT wil ek hier weggaan nie!

@SARAH_THERON Watter kunstefees is jou gunsteling? 

@Huisgenoot loshande INNIBOS @innibos is BO!!!

Volg Huisgenoot op Twitter. 

Volg Sarah Theron op Twitter.