’n Werknemer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is gister in hegtenis weens beweerde terrorisme.

Sanral se hoofkantoor in Midrand moes die afgelope week twee keer ontruim word weens verdagte wit poeier in ’n koevert en een maal weens ’n bomdreigement.

Daar is aanvanklik gevrees dat die verdagte wit poeier antraks is, maar daar is later bevind dis skadeloos.

Die 28-jarige man van Soweto het in Sanral se inbelsentrum gewerk en is volgens die polisie se kapt. Paul Ramaloko vasgetrek weens ’n selfoonoproep wat hy gemaak het.

“Ons is onseker oor of hy alleen die selfoon gebruik het,” sê Ramaloko.

“Ons is egter oortuig daarvan dat ons die baasbrein agter al drie gevalle vasgetrek het.”

Die man gaan na verwagting Vrydag in die Pretoriase landdroshof voorkom op aanklagte van terrorisme.

Bron: Sapa