"As ek op die verhoog is, dan is ek gelukkig," sê Brendan Peyper, Suid-Afrika se nuwe sangsensasie. "Dit is al wat ek myself ooit sien doen."

Tog het dit 'n ruk geneem vir die blonde blouoog om sy merk te maak . Eers toe mense wat hy nie ken nie, hom einde verlede jaar in winkelsentrums en plekke soos McDonalds kom groet het hy besef hy is besig om bekend te word.

[caption id="attachment_121190" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Kyk: Brendan verskyn op ons lysie van die grootste Afrikaanse musiekvideo’s van 2015

Ons ontmoet Brendan pas nadat hy in Oudtshoorn aangekom het vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hy is moeg gery van die lang pad uit Bloemfontein, maar die jong man met die fris borskas is steeds vriendelik wanneer hy gesels.

[caption id="attachment_121187" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Brendan se hy hou baie daarvan as mense met hom gesels oor sy musiek en veral wanneer hy kan sien hulle het ’n waardering daarvoor, maar dit is vir hom moeilik wanneer mense kunstenaars verafgod.

Tog is daar geen keer aan die jong man nie en hy sal graag eendag internasionaal bekend wil wees. "Dit is nie die plan nie, maar dit is is beslis die droom."

Lees ook: Kyk hoe word die nimlike Tobie Cronjé in die nare Juffrou Rottenmeier omtower

Hy is baie na aan sy ouers, Vincent en Celeste, en se hy dink dit was veral vir sy ma iets om aan gewoond te raak toe hy so skielik bekend word.

[caption id="attachment_121189" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Hulle ondersteun my in elke tree wat ek gee en in alles wat ek doen."

Hoe kry die Stop, Wag, Bly nog 'n Bietjie-sanger dit reg om so mooi lyf te hê?

"Dit is definitief 'n leefstyl, meer as enigiets anders. Toe ek op skool was het my afrigter vir my gesê as ek eerstespan rugby wil speel ek lyf sal moet kry. So, as my vriende gaan drink het, het ek gaan oefen en so het ek in 'n roetine gekom."

[caption id="attachment_121188" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

As hy nie op toer is nie sorg hy dat hy by die gimnasium uitkom, maar wanneer hy reis pak hy ’n paar gewigte in en gaan draf hy graag. Hy kyk wat hy eet, maar sukkel wanneer hy op toer is en probeer by ordentlike restaurante uitkom met groente en gesonde kos. En natuurlik ook ’n lekker stukkie vleis.

"Ek is ’n groot vleiseter."

- Marelize Potgieter

Ook op Huisgenoot.com

Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

Kokkedoor-wenners gee raad en sê hoe jy die groot familie oor die Paastyd moet onthaal

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees