[caption id="attachment_161613" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption] Verteenwoordigers van die Roar-sangeres en die Lord of the Rings-akteur het bevestig die twee het ’n blaaskans van hul romanse geneem en in ’n verklaring gesê die sterre het besluit om mekaar “respekvolle, liefdevolle” ruimte te gun. Katy (32) het die saak Donderdag die eerste keer in die openbaar aangeroer deur op Twitter vir haar aanhangers te sê sy en Orlando (40) bly goeie vriende ondanks die gerugte tot die teendeel. Die sangeres het getwiet: “WAT VAN ’N NUWE MANIER VAN DINK VIR 2017!? Jy kan steeds met jou voormalige lewensmaats vriende wees en vir hulle lief wees! Niemand is ’n slagoffer of ’n skurk nie; kry ’n lewe julle almal!”

Sy het die boodskap afgesluit met ’n emoji van ’n glimlaggende gesiggie wat ’n soentjie blaas.

Dit lyk beslis asof die supersterre steeds vriende is nadat hulle uitmekaar is – hulle het Sondagaand nog saam gekuier op Vanity Fair se partytjie ná die Oscars.

Terwyl hulle bymekaar was, het Katy en Orlando net goeie goed oor mekaar te sê gehad. Die sangeres het genoem die akteur het haar baie met haar liefdadigheidsdiens gehelp.

[caption id="attachment_127435" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Foto: Cover[/caption]

“Hy is al langer as 10 jaar ’n Unicef-ambassadeur en ek maar ’n paar jaar lank. Hy het my touwys gemaak waar hy kon,” het ’n glimlaggende Katy tydens Unicef se 70ste herdenkingsgeleentheid in Desember verlede jaar gesê. “Almal is ’n leermeester in ’n verhouding. Dis hoe ek dit nou beskou. En ons het mekaar baie geleer.”

Orlando het ook haar lof op die geleentheid besing en aan Entertainment Tonight gesê: “Sy’s wonderlik, weet jy, ek is uiters trots op die werk wat sy doen. Sy is ’n stem wat tot so baie spreek en dis merkwaardig om haar die saak te sien bevorder. En dis wonderlik dat ons dit toevallig saam doen.”

Katy en Orlando het begin uitgaan nadat hulle in Januarie verlede jaar op ’n partytjie ná die Golden Globe-geleentheid gekliek het.

© Cover Media