Die opkomende sangeres Carla Oberholzer, voorheen ook 'n bobaas liedjieskrywer vir kunstenaars soos Amor Vittone en Heuning, het pas 'n nuwe enkelsnit uitgereik en al die opbrengste aan boere, wat tans gebuk gaan onder die erge droogte, beloof.

[caption id="attachment_113061" align="alignnone" width="590"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Carla vertel sy het die liedjie, Wat maak 'n Boer, geskryf omdat dit gaan oor 'n saak wat haar "baie na aan die hart lê".

“Ek het die liedjie geskryf vir al die boere en al die mense wat beïnvloed word deur die droogte wat ons tans beleef. Ek kom self van die Vrystaat en die plaaslewe lê my dus na aan die hart,"vertel sy.

"My pa woon steeds in Bloemhof, en vertel hoe dringend daar nog reën kort. Die droogte is baie erger as wat baie mense dalk van bewus is.

"Daarom het ek gevoel dat ek my deel moet doen, al is dit net 'n druppel in die emmer."

Nou het Carla beloof dat al die geld wat ingewin word deur verkope van haar liedjie op die aanlynwinkel iTunes aan die Boere in Nood-hulpfonds geskenk gaan word.