Die R&B-ster Ciara is weer ma! Die Goodies-sanger en haar man, die Amerikaanse voetbalspeler Russell Wilson, het Vrydag, 28 April, ’n dogtertjie verwelkom. Ciara het op Instagram die blye nuus met haar aanhangers gedeel met ’n foto van haarself met ’n babamagie op die strand met die byskrif: “Liewe Sienna Princess Wilson, dit maak nie saak hoe groot die golf is nie, ons sal altyd jou kalmte in die storm wees. Ons is lief vir jou. Liefde, Mamma en Pappa.”

Die kleinding is 19:03 (Amerikaanse tyd) gebore en het met haar aankoms ongeveer 3,5 kg geweeg. Ciara het in Oktober 2016 aangekondig sy verwag haar tweede kind. Dié keer ook met ’n Instagram-inskrywing waar sy langs Wilson staan en aan haar maag raak met die byskrif: “Op hierdie spesiale verjaardag het ek ’n oormaat van liefde van vriende en familie ontvang . . . en ek is verheug om eindelik die grootste geskenk van alles wat God kon gee, te deel . . . ”

Die paartjie het in Julie 2016 die knoop in die Engelse somer deurgehaak.

Ciara het ook ’n seun, Future Zahir, saam met haar eks, die rapper Future.

© Cover Media