Dunay Nortjé, vrou van die Afrikaanse sanger Kurt Darren, se ma en tannie is vroeër vandag in hul huis aangeval deur twee gewapende mans.

Volgens Dunay is haar ma, Marinda, en tannie vasgebind terwyl die mans die huis geplunder het.

Die verdagtes het hulself glo voorgedoen as munisipale werkers en het so toegang tot die huis gekry.

“Ek is saam met Kurt in die Kaap. Hy is besig om liedjies te skryf. Ek’t vir my ma gesê om dadelik af te vlieg sodat ons bymekaar kan wees.

“Sy is erg getraumatiseerd,” het Dunay gesê.

Die verdagtes het in 'n wit bakkie met die nommerplaat,  MTN148GP, van die toneel gevlug.