[caption id="attachment_161811" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die model en TV-persoonlikheid het verlede maand ’n beskermingsbevel teen die Loyal-sanger gekry nadat sy hofdokumente ingedien het waarin sy beweer hy het gedreig om haar dood te maak toe hul verhouding van vier jaar beëindig word. Sy beweer die verhouding was soms gewelddadig en het gesinspeel op mishandeling.

Volgens TMZ is sy nie al een wat bekommerd is Chris kan dalk gewelddadig raak nie – haar vriend Joseph het ook die hof om beskerming gevra uit vrees dat die R&B-ster hom leed sal aandoen.

Luidens dokumente wat die agentskap verkry het, beweer Joseph Chris het onlangs vyandige stellings teenoor hom gemaak en gedreig om “die plek uitmekaar te skiet” sou hy uitvind Joseph en Karrueche is saam uit. Joseph beweer ook Chris het ’n groep mans aangesê om hom aan te rand.

En hy het ’n spesifieke voorval geopper wat na bewering verlede maand op die hip hop-magnaat Diddy se Super Bowl-partytjie gebeur het. Toe het Chris hom na bewering genader en gesê: “Dis 2017 . . . ek gaan jou opfoeter elke keer dat ek jou sien. Daarom beter jy die hel hier wegkom voor ek jou bydam.”

Joseph beskuldig ook die Look at Me Now-sanger daarvan dat hy op dieselfde geleentheid ’n drankie na een van sy vriende gegooi het. Die beweerde teistering op Diddy se partytjie het gebeur net vier dae nadat Chris ’n Instagram-video gepubliseer het waarin hy erken hy bekruip vroue op wie hy verlief raak.

Daarin sê hy onder meer: “As ek jou lief het . . . gaan niemand jou kry nie. Ek gaan jou mismoedig maak.”

Chris is ook aangesê om te alle tye minstens die lengte van ’n Amerikaanse voetbalveld (sowat 110 m) van Joseph af weg te bly en die sanger is ook verbied om sy eks se vriend te teister of enigsins kontak met hom te maak.

Cover Media