Maar dié week, toe Nirvana-hoofsanger 50 jaar oud sou word, het sy dogter ’n roerende huldeblyk aan hom op Instagram gedeel. Hy is op 20 Februarie 1967 in Aberdeen gebore.

  Frances Bean Cobain (24) het ’n foto van ’n handgeskrewe briefie op haar Instagram-blad geplaas waarin sy Kurt Cobain bedank omdat hy haar “die geskenk van lewe” gegee het.

February 20th 2017. Happy Birthday.

A post shared by Frances Bean Cobain (@space_witch666) on

“Vandag sou jou 50 ste verjaardag gewees het,” skryf Frances, ’n model en visuele kunstenaar. “Jy word gemis. Dankie dat jy my die geskenk van lewe gegee het.” Dan sluit sy af met: “Vir altyd jou dogter, Frances Bean Cobain.”

Marc Jacobs fashion show nyc @themarcjacobs @marcjacobs

A post shared by Frances Bean Cobain (@space_witch666) on

Sy was amper twee jaar oud toe sy haar pa die laaste keer lewend sien. Dit was toe sy en haar ma, die sangeres Courtney Love (nou 52), hom in ’n rehabilitasiesentrum in Kalifornië besoek. Kurt was jare lank aan heroïen verslaaf.

Kort ná hierdie besoek het hy van die sentrum weggeloop. Sy liggaam is op 8 April 1994 in Seattle in een van sy huise gevind.

Die amptelike oorsaak van sy dood word as selfdood met ’n vuurwapen aangedui, hoewel in baie samesweringsteorieë beweer word hy is eintlik vermoor.

Bronne: news.com.au, dailyrecord.co.uk, usmagazane.com