Die 51-jarige aktrise en die model Bryan Randall is tans ’n paartjie en daar het intussen onvleiende inligting oor sy verlede opgeduik, soos verskeie polisiefoto’s van ’n paar van sy inhegtenisnemings.

Sandra en haar eksman, Jesse James, is in 2010 geskei nadat sy ontdek het hy het haar met verskeie vroue verkul en nou is haar vriende bang dat haar verhouding met Bryan in dieselfde rigting neig.

“Die mense na aan haar is baie bekommerd dat Bryan van dieselfde stoffasie as haar eksman, die verneuker Jesse James, gemaak is,” het iemand in die binnekringe aan Radar Online gesê.

“Bryan het ’n tawwe beeld en kan uiters verwaand voorkom.

“Sandy se vriende is ook bekommerd oor Bryan se misdadige verlede en bewerings van dwelm- en drankmisbruik. Hy het vir Sandy gesê hy is al jare lank nugter, maar haar vriende is op hul hoede.”

Intussen steur Sandra haar glo glad nie aan mense se onrustigheid oor Bryan nie. Sy vertrou hom want hy het reeds vroeg in die verhouding vir haar alles vertel. “Bryan was eerlik met Sandy toe hul verhouding ernstig begin raak en het haar alles oor sy verlede vertel,” sê die bron.

“Hy het vir haar gesê hy moes grootword en verantwoordelik raak om sy dogter, Skyler, alleen groot te maak en het volgehou dat al sy streke in die verlede is.”

Maar nie almal in Sandra se lewe is tevrede met die bekentenis nie. Hulle is bekommerd dat hy te veel soos Jesse is. “Die probleem vir Sandy se pelle is dat dit presies is wat Jesse vir haar gesê!” sê die bron.

“Hy het ’n dogtertjie, Sunny, gehad en Sandy en Sunny het baie geheg aan mekaar geraak. Die ooreenkomste tussen Bryan en Jesse is baie soortgelyk. Sandy was nog altyd aangetrokke tot stoutseuns.”

© Cover Media