Die talentvolle Sandra Prinsloo het nog nooit lank stilgesit nie.

Sy is juis nou weer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn in twee vertonings, Hond se Gedagte en Die Dag is Bros, te sien.

Ons het tussen vertonings by haar gaan kuier en ’n bietjie meer oor haar uitgevind.

Is daar iets wat jy altyd in jou handsak het?

My handsak in deel van my oorlewingsgereedskap. Ek het altyd kougom daarin. In ons werk is dit nogal belangrik, want jy het nie altyd plek vir ’n tandeborsel nie. As ek so hard werk dra ek sommer tandepasta en ’n tandeborsel ook saam met my.

Wat maak jou gelukkig?

My honde. Altyd my honde. Romeo en Olga, die twee labradors.

Is daar iets wat jou ontstel of hartseer maak?

Vroue en kinders wat mishandel word. Dit ontstel my geweldig.

Is daar iets wat jy vir Suid-Afrika hoop?

’n President wat die land kan bestuur. (Sy lag lekker hard.)

Terugflits: Sandra het die rol van die venynige Cecile in die sepie Egoli vertolk

Het jy ’n held of iemand wat jou inspireer?

Ek ontmoet baie mense wat met soveel integriteit leef en hulle nie laat beïnvloed deur goed wat rondom hulle gebeur nie. Ek kan byvoorbeeld noem die regisseur van Die Dag is Bros, Neil Coppen, en sy vriend, Dylan McGarry, is vir my ’n absolute voorbeeld van mense wat so kerngesond is. Al stres Neil oor sekere goed, is hy altyd positief en vol liefde.

Terugflits: Sandra gesels met die legendariese digter, Elizabeth Eybers

Watter ervaring wat jy al gehad het, sal jy graag weer wil beleef?

My eerste seiljagvaart toe ek ’n oseaan oorgesteek het. Dit was baie moeilik, maar jy beleef soveel fantastiese goed op so ’n reis. Goed wat jou tot die uiterste beproef. Jy slaap later so min, maar jy is bitter fyn op die natuur ingestel.

[caption id="attachment_121484" align="aligncenter" width="600"]"Ek kon die dolfyne hoor roep voor hulle by die boot uitgekom het." Foto: Peet Mocke "Ek kon die dolfyne hoor roep voor hulle by die boot uitgekom het." Foto: Peet Mocke[/caption]

Die reis het in Kaapstad begin en in die Azores-eilandgroep aan die suidpunt van Portugal geëindig.

Is daar ’n vriend of vriendin na wie jy verlang?

O ja, verskriklik. Daar is onlangs ’n baie goeie vriend van my dood. Skielik. Net so. Die skrywer Mark Behr. Hy was 52 jaar oud. Hy sou nog by my kom kuier het. Hy is skielik net weg en ek mis hom ongelooflik baie. Hy is dood aan ’n hartaanval.

Is daar ’n lewenswaarheid of lewenswysheid wat jou bybly?

Persepsie is alles. Wat jou persepsie is, is hoe jy die lewe ervaar.

As jy nie van die lewe hou soos hy is nie, verander jou persepsie. Dit gaan alles oor hoe jy daarna kyk. Dan het ek ’n vriend wat altyd sê: “We can not be unkind.” Ons moenie wreed wees teenoor mekaar nie.

- Marelize Potgieter

Ander storie op Huisgenoot.com

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .