Sy het gewag tot sy 40 en halsoorkop verlief was voor sy eindelik voor die kansel gaan staan het.

‘‘Ek was nog altyd baie skepties oor trou omdat ek dit net een keer wil doen,’’ het sy gesê. ‘‘En ek wil dit op die regte manier doen.’’

Maar die arme Sandra Bullock berou seker nou die dag dat sy die man ontmoet het wat haar hart gebreek, haar oulike kitsgesin verpletter en haar in die openbaar verneder het. En alles in ’n tyd dat sy soos ’n prinses moet voel en in ’n jaar van erkenning en rooitapytbewondering moet baai.

Maar nou word die 45-jarige aktrise selde gesien sedert die goue aand verlede maand toe sy die Oscar vir beste aktrise vir haar trefferrolprent The Blind Side gewen het. En Jesse James, die getatoeëerde man wat die aand in sy vrou se lof van die verhoog af gebaai het, het die mees gehate man in Amerika geword.

Om die een of ander rede word nie eens Tiger Woods se oënskynlik eindelose aptyt vir owerspel as sulke swak smaak veroordeel as die 40-jarige Jesse se gereelde verneukery nie.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 15 April 2010