Sandra Bullock se seun geniet “mannetyd” saam met George Clooney.

Die 49-jarige aktrise het Louis (3) in 2010 aangeneem en sy vertel dat hy graag tyd deurbring saam met haar Gravity-medester en sy goeie vriend Rande Gerber, wat met Cindy Crawford getroud is.

Sandra het Maandag op ’n perskonferensie vir die riller Gravity op die Internasionale Rolprentfees in Toronto gesê: “’n Oulike storie is dat hy na my toe gekom en gevra het: ‘Waar is George en Rande?’

“Ek het gesê: Ek weet nie, en hy het gesê: “Ek het hulle nodig.” Ek het hulle toe gaan haal en hulle het ‘mannetyd’ saam deurgebring.

“En ek het eenkant gestaan en gewag tot hulle klaarmaak. Toe is ek toegelaat om hom terug te neem.”

Sandra sê Louis het regtig met George gebind, en dat sy altyd tweede sal kom as hy tussen hulle moet kies.

Sy het bygevoeg: “My seun dink hy is ’n baie koel ou. As daar ’n keuse is tussen my en George en Alfonso (Cuaron, die regisseur), sal my seun my los om by George en hierdie ouens te wees.

“Hy is ’n regte seuntjie; dus moet hy met die manne gaan gesels.”