Gerugte doen die ronde dat die 51-jarige aktrise se verhouding met die aantreklike fotograaf die afgelope paar maande aansienlik verdiep het.

Die paartjie het glo selfs al gepraat oor goed wat moontlik dekades in die toekoms tussen hulle kan gebeur.

“Sandra en Bryan het albei ’n uiters besige program, dus bring hulle die tyd wat hulle wel het, in mekaar se geselskap deur,” het ’n bron aan E! News gesê. “Hulle het reeds die moontlikheid bespreek om die res van hul lewe saam deur te bring, maar hulle neem dit dag vir dag en geniet net mekaar se nabyheid. Sandra kon nie vir ’n beter kêrel vra nie. Hulle gesels lekker as hulle bymekaar is en die woorde ‘ek’s lief vir jou’ glip maklik uit.”

Bryan het ’n dogter, Skylar, en Sandra het ’n aangenome seun, Louis.

Bowendien is Sandra glo behoorlik beïndruk met Bryan se vaardigheid as ouer tot dusver.

“Bryan was ’n merkwaardige steunpilaar vir haar en Louis,” het die bron opgemerk. “Hulle is dolverlief en Bryan is aan haar sy. Bryan het wel nie amptelik by haar ingetrek nie, maar hy bring baie nagte daar deur, soos die geval is met baie ander paartjies.”

Sandra se huwelik met Jesse James het in 2010 stormagtig geëindig nadat dit aan die lig gekom het dat hy ontrou was. Daarna moes sy Louis alleen grootmaak.

Bryan se verlede is ietwat onguur, want hy moes voorheen teen dwelmverslawing baklei en boonop is hy vervolg oor onbetaalde onderhoud vir sy kind.

Daar is bewerings dat sommige van Sandra se vriende bekommerd is oor sy geskiedenis, maar die ster van Gravity hoop almal sal leer om daarmee saam te leef.

“Sandra en Bryan gaan reeds ses maande met mekaar uit en haar vriende is in die wolke om haar so gelukkig te sien, maar hulle kan nie hul bekommernis dat sy miskien weer met ’n slegte vent deurmekaar is, afskud nie,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Closer gesê.

“Volgens Sandra is Bryan ’n baie goeie pa vir Skylar. Sy glo elke mens verdien ’n tweede kans en al wat sy wil hê, is dat almal hom aanvaar.”

© Cover Media