Shin Jong-kyun, ’n grootbaas by Samsung, het Woensdag aan ontleders gesê Samsung se tabletbedryf groei vinnig en dat die maatskappy die grootste vervaardiger van tablette gaan word. Hy het nie ’n tydraamwerk hiervoor gegee nie.

Shin het gesê meer as 40 miljoen Samsung-tablette sal vanjaar verkoop, meer as dubbel die verkoopsyfers in 2012. Die navorsingsgroep IDC beraam dat Samsung 16,6 miljoen tablette in 2012 verkoop het; ver agter Apple Inc. wat 65,7 miljoen iPads verkoop het.

Apple het meer as die helfte van die tabletmark oorheers, maar Samsung was sterk mededinging met hul verkope van die goedkoper Galaxy Tab, wat verskeie skermgroottes bied. – Sapa