’n ‘Salm-kanon’ is ontwikkel, wat visse uit die water suig en vuur hulle oor hindernisse soos damme berig Sky News.

Salm is in vars water gebore en migreer see toe voor hulle na hul geboorteplek terugkeer om hul eie kuit te lê.

Maar hindernisse soos damme beteken die visse kan gedisoriënteerd raak. Dit het die maatskappy Whooshh Innovations die idee gegee om ’n toestel te ontwikkel om hul reis te vergemaklik.

Dit is soortgelyk aan ’n pneumatiese buis en werk wanneer ’n vis by die een kant inswem. Die buis se sagte materiaal vorm ’n seël rondom die salm, wat ’n vakuum skep wat dit tot teen 35 km/h deur die buis vervoer.

Die visse is net ’n paar sekondes buite die water voor hulle aan die ander kant in die water beland.

Tot 40 visse kan in ’n minuut vervoer word en die buis kan ’n gaping van tot 60 m oorspan.

Bronne: Sky News, YouTube