Agttien van die 20 mense wat tydens turbulensie op ’n vlug onderweg van Johannesburg na Hong Kong beseer is, is uit die hospitaal ontslaan, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) Woensdag gesê.

“Die twee passasiers wat ernstige beserings opgedoen het, word in die hospitaal vir waarneming gehou,” het die SAL-woordvoerder in ’n verklaring gesê.

Daar is vroeër berig die beseerdes is na die Princess Margaret- en die North Lantau-hospitaal in Hong Kong geneem.

Die vliegtuig het die turbulensie oor Kuala Lumpur se lugruimte ervaar en het die oggend halfsewe (plaaslike tyd, halfeen in Hong Kong) geland.

Die vliegtuig se binnepanele is tydens die voorval beskadig.

SAfm het berig die lugredery het gesê hulle sou aan al die betrokkenes bystand lewer, insluitend personeel.

Dit is onbekend of hulle na Suid-Afrika sou terugkeer.

“SAL beveel vêrder aan dat vlug SA287 van Hong Kong na Johannesburg op 16 Julie weens die voorval met vlug SA286 vertraag is,” het Tlali gesê.

- Sapa