Sy het klaar Dinsdag opslae gemaak as gevolg van haar fotosessie in die tydskrif Paper – in een van die foto’s wys sy haar kaal agterstewe – en nou is die res van die foto’s bekendgestel.

In haar poging om die internet tot stilstand te bring, het Kim en Paper nog iets in die mou gevoer. Kim het besluit om heeltemal kaal te poseer vir die foto’s, wat nou op Paper se webtuiste pryk. Dié met ’n sterk konstitusie kan maar gaan loer.

Die stemmigste foto van die lot, wat deur die Franse fotograaf Jean-Paul Goude geneem is, is van Kim in ’n swart aandrok met ’n glas sjampanje mooi op haar agterstewe gebalanseer. Sy is blykbaar die trotsste op dié een.

“En hulle sê ek het nie talent nie,” het Kim Dinsdag op Twitter en Instagram geskryf toe sy die foto’s deel. “Probeer bietjie ’n sjampanjeglas op jou agterstewe balanseer. #BreakTheInternet”

Die foto’s is tydens vanjaar se modeweek in Parys geneem, en Jean-Paul verduidelik oor sy voorkeur: “Ek verkies die term wulpse agterstewe.”

In die gepaardgaande onderhoud het Kim die geleentheid gebruik om te praat oor hoeveel sy dit geniet om oor haar lewe op sosiale lewe te deel. Sy het selfs gesê sy sou “ophou bestaan. Ek is dol daaroor om my lewe met mense te deel,” het sy in die onderhoud gesê. “Dit is net wie ek is.”

Dit is nie die eerste keer dat Kim vir ’n fotosessie die oë laat rek het nie: Sy het in September vir die Britse weergawe van die tydskrif GQ kaal geposeer, maar haar privaat dele was darem bedek.

- Kirstin Buick/Cover Media