Jy wil mos iemand aanstel wat jou pragtige dag volmaak vasvang en wat hope ervaring het. Wel, nie altyd nie . . .

Ontmoet die negejarige troufotograaf Regina Wyllie.

[caption id="attachment_130143" align="alignnone" width="595"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Die dogter van die beroepsfotograaf Kevin Wyllie se “loopbaan” het op drie jaar begin toe sy ’n bergfietswedren saam met haar pa bygewoon het.

[caption id="attachment_130144" align="alignnone" width="600"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Lees ook: ‘Papierman’ omskep Britse stede in bekende Disney-tonele

Sy het haar speelgoedkamera laat val en haar pa se Canon G9 gegryp en begin foto’s neem terwyl die fietse by haar verbyjaag.

[caption id="attachment_130145" align="alignnone" width="450"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Van toe af het sy Kevin oor die fynere besonderhede van sy beroep uitgevra en stadigaan geleer watter knoppies doen wat, hoe om ’n behoorlike komposisie te skep en van fokus te verander.

Mettertyd het die klein paparazzo ’n kunssinnige oog ontwikkel en sy is voortdurend besig om haar portefeulje en kliëntebasis uit te brei met haar trotste pa aan haar sy.

[caption id="attachment_130150" align="alignnone" width="602"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Regina is nou ’n welkome (en gevraagde) toevoeging wanneer haar pa troues afneem terwyl sy kliënte kennis neem van haar aangebore talent.

Die begaafde meisie het op sewe jaar die eerste keer erkenning vir haar werk gekry toe ’n foto wat sy tydens een van haar pa se “trash the dress”-sessies geneem het vir ’n ThinkTank-veldtog gekies is.

[caption id="attachment_130152" align="alignnone" width="603"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Lees ook: Die foto wat die internet dronkslaan: hoeveel meisies is daar?

Deesdae neem die negejarige dikwels foto’s langs haar pa en verkies sy ’n Fuji X-E1 en X-T1 om haar gesofistikeerde komposisies mee vas te vang.

[caption id="attachment_130146" align="alignnone" width="600"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Kevin is in die wolke om sy passie met ’n skattige helper te deel en deel graag stadigaan sy kennis oor die onderliggende beginsels van wat dit behels om ’n goeie fotograaf te wees.

[caption id="attachment_130151" align="alignnone" width="622"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Ons het na hom uitgereik en van Regina se beste skote gekry.

[caption id="attachment_130149" align="alignnone" width="600"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

Sommige skote is tydens ’n pragtig gedokumenteerde troudag gekiek en ander kom uit ’n paar fotografieprojekte waaraan sy gewerk het.

[caption id="attachment_130147" align="alignnone" width="603"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

[caption id="attachment_130148" align="alignnone" width="450"]Foto: WENN Foto: WENN[/caption]

En daar is ook selfs ’n paar van die bloedjong en baie talentvolle fotograaf in aksie.

WENN